Eindspel
76 USD
Add to
Add to
"Ellie hou van haar nuwe lewe op die platteland. Net wanneer sy nie kan slaap nie gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Êrens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek.
En toe hulle kom vir haar, weet sy als was vir hiérdie dag. En dat sy sal moet uitvind wie haar soek, en waarom.
Die lang wag is verby! Die vervolg op 2014 se Dubbelspel." Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore maar het op Worcester grootgeword. Haar bekendste boeke is Met ander woorde (2006), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, en daaruit spruit haar roman ’n Klein lewe (2012). Sy bly tans op Stellenbosch.